Die identifisering en ontleding van enkele bestuursprobleme van kleiner ondernemings in die boubedryf

dc.contributor.authorvan der Walt, Petrus Jacobus
dc.contributor.otherBloemfontein: Central University of Technology, Free State
dc.date.accessioned2017-06-02T11:29:43Z
dc.date.available2017-06-02T11:29:43Z
dc.date.issued1996
dc.descriptionThesisen_US
dc.description.abstractDie wyse waarop bestuurders in In onderneming hulle bestuurstaak uitoefen kan In belangrike invloed uitoefen op die winsgewendheid van die onderneming. Aile persone in toesighoudende poste moet die basiese bestuurstake uitvoer. Daar bestaan wei verskille ten opsigte van die aard, omvang en belangrikheid van elkeen se bestuurswerk; die hoeveelheid aandag wat aan die verskillende elemente van die bestuurstaak (byvoorbeeld beplanning, organisering, bevelvoering en beheer) geskenk word; die hoeveelheid gesag en verantwoordelikheid wat aan elkeen toegeken word; die aantal en soorte besluite wat geneem moet word en die belangrikheid daarvan. Trewatha en Newport stel dit so : "Management is neither the privilege nor the responsibility of only the top members of an organisation, but the work of all people whose tasks are involved with reaching goals and achieving objectives through coordination of effort." (Marx, 1985:4) Gestruktureerde bestuursontwikkelingsprogramme, soos in die literatuur beskryf, kan nie sinvol in kleiner ondernemings geimplementeer word nie en derhalwe word aanpassings vereis om aan die spesifieke behoeftes te voldoen. Die doelwitte van sakeondernemings moet altyd ingestel wees op die ondernemingsprestasie en -resultate. Die basiese doel van enige instelling is dus om doelgerig te funksioneer, dit wil se om met die laagsmoontlike aanwending van produksiemiddele (insette) die hoogsmoontlike opbrengs (uitsette) te behaal - die sogenaamde beginsel van vermoenswaardemaksimering. Beginsels van bestuur beteken dat daar, ten opsigte van die bestuurstaak, sekere bewerin~ of stellings, reels of waarhede bestaan, wat by die oorweging van situasies en die neem va besluite as leidraad of gids vir die bedryfsleier kan dien. Die meeste beginsels van bestuur is egter nie so absoluut, dogmaties, onomstootlik e universeel toepasbaar soos die wette van die suiwer natuurwetenskappe nie. Vir die bestuurder of eienaar van die kleiner onderneming in die boubedryf sal daar du sekere afdelings in die onderneming wees wat belangrik is en wat dus in hierdie studi; geldentifiseer en toegepas word om die doelwitte te bereik.en_US
dc.format.mimetypeApplication/PDF
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11462/1090
dc.language.isootheren_US
dc.publisherBloemfontein: Central University of Technology, Free State
dc.rights.holderCentral University of Technology, Free State
dc.subjectConstruction industry - Managementen_US
dc.titleDie identifisering en ontleding van enkele bestuursprobleme van kleiner ondernemings in die boubedryfen_US
dc.typeThesisen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Van Der Walt, Petrus Jacobus.pdf
Size:
30.99 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Thesis

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: