Zeranol : 'n Estrogeen-analoog se invloed op die testikulere funksie van muise

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Van Wyk, Rinee

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Bloemfontein: Central University of Technology, Free State

Abstract

Omgewingsfaktore soos anaboliese stimulante speel 'n toenemende rol wat mens like fertiliteit betref. Die gebruik van Zeranol (7 a-Zearalanol) as anaboliese groeipromotor in vee veroorsaak dat klein hoeveelhede van hierdie chemikaliee in diereweefsel neerslaan. Zeranol besit swak estrogeniese eienskappe wat die aktiewe verplasing van estrogeen by estrogeniese reseptore tot gevolg het. Newe effekte soos die inhibering van die hipofise asook die atrofie van die testes, prostaat en seminale vesikels is die gevolg van oormatige estrogeniese blootstelling. Doel: Om die uitwerking van Zeranoltoediening op die testikulere funksie in muis as modelle te bepaal. Metodiek: Muise (n=20) is in Toetsgroep 1 (ontvang 'n eenmalige Zeranoltoediening); Toets 2 (n=20, ontvang 'n Zeranoltoediening 48-uurliks vir vyf weke) en twee kontrolegroepe (n=40, ontvang slegs plasebo toedienings) verdeel. Semenevaluasies en elektronmikroskopiese evaluering is op die testisaspirate uitgevoer. Patologiese ondersoeke van die testisweefsel is ook uitgevoer. Resultate: Slegs enkele waarnemings van inhibering van die semenkwaliteit asook enkele gevalle van patologie van die testisweefsel gemaak. Gevolgtrekking: Zeranoltoediening volgens hierdie protokol, het nie 'n statisties betekenisvolle negatiewe effek op die testisfunksie van die muise gehad nie. Indien daar 'n onderdrukkende of inhiberende effek by mensstudies gevind word, kan dit moontlik klinies 'n beduidende effek op manlike fertiliteit he, veral by mans met oligosoospermie (Iae spermkonsentrasie).

Description

Thesis

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By