Kurrikulering vir die opleiding van toerismebestuurders

dc.contributor.authorJordaan, Marthinus Johannes Steyn
dc.contributor.otherBloemfontein: Central University of Technology, Free State
dc.date.accessioned2017-04-21T06:05:17Z
dc.date.available2017-04-21T06:05:17Z
dc.date.issued1992
dc.descriptionThesisen_US
dc.description.abstractToerisme is 'n groeiende bedryf, gekenmerk deur dinamiek, diversiteit en kompleksiteit, wat gesofistikeerde kennis en vaardighede van die personeel binne die bedryf vereis. Die hoer vei'wagtings van kliente met betrekking tot personeel en fasiliteite en die internasionale karakter wat markte aanneem, plaas veranderde klem op die taak 'en rol van die toerismebestuurder. Die mate waarin hy/sy sukses behaal, sal eerstens afhang van sy entrepreneurs- en bestuursvaardighede. Veel meer word egter van hom verwag en dit word duidelik dat verantwoordelike, verantwoordbare opleiding daarvoor noodsaaklik is. In Suid-Afrika bestaan tans geen formele opleidingsprogram vir toerismebestuurders nie; trouens, die beg rip 'toerismebestuurder' is nog nie implisiet binne die bedryf omlyn nie, Indiensopleiding vind sporadies plaas, is gefragmenteerd, ongestruktureerd en/of ongekoordineerd, wat moontlik die felle kritiek oor dienslewering binne die bedryf ontlok. Die huidige dinamiek binne die bedryf wat onder andere die gevolg is van politieke en ekonomiese verandering, intensifeer bogenoemde probleem. Die oopstelling van aile toerismebestemmings en -geriewe rig 'n appel tot die taak en rol van die toerismebestuurder, Hy sal nie aileen verantwoordelikheid vir die bestuur van natuurlike hulpbronne met ) ...... . betrekking 'tot toerisme moet aanvaar nie, maar ook vir die menslike hulpbronne " binne die bedryf, Hy/sy sal ,verder besondere kundigheid en vaardighede aan die dag moet Ie wanneer die klient en die gasheer, die toeris en die persoon in beheer van die bestemming, ter sprake kom. Hierdie situasie word verder gekompliseer deur die toetrede van vreemde kulture. Genoemde interaksie vind neerslag in 'n bedryf met eiesoortige eienskappe, so os dat dit ekosensitief, seisoenaal en deur besondere kompetisie gekenmerk word en weens die plesierkultuur daarvan, soms nie as 'n "ernstige" bedryf erken word nie.Desnieteenstaande word toerisme wereldwyd as een van die grootste verdieners van buitelandse valuta beskou en mag 'n "Iaat-maargaanhouding" teenoor opleiding vir die bedryf, veral vir bestuurders daarvan, nie gehuldig word nie. Uit die literatuurstudie word bestuur en toerismebestuur belig. Verder word die taakomskrywing van die bestuurder vanuit die eienskappe van die toerismebedryf toegelig. Die toekomstige nuwe eise vir die bestuurder word voorts aangesny. Verder word gepoog om, benewens die identifisering en die verifiering van die gestelde. probleem, deur mid del van 'n empiriese stud ie, die taak en rol ~. van die toerismebestuurder nader te omskryf en prioriteite daarbinne te bepaal. Huidige toerismebestuurders en akademici betrokke by toerismeprojekte se menings oor watter tipe opleiding vir toerismebestuur nodig is, word ook gepeil. Die inligting en bevindings uit die literatuurstudie en die empiriese studie word benut in 'n kurrikuleringsaksie vir toerismebestuursopleiding. 'n Kurrikulummodel wat spesifiek vir opleiding in toerisme ontwerp is, dien as vertrekpunt. Dit word gekenmerk deur 'n analise-, ontwerp-, implementerings- . en evalueringsfase onderskeidelik. Toepaslike inligting word aan die hand van struktuurgewende vrae georden in kriteria v ir programontwerp. Aanbevelings vir tersiere, _ andragogies-didakties verantwoordbare opleidingsprogramme vir toerismebestuur en indiensopleidingsprogramme vir huidige personeel word gemaak. Aandag word ook gewy aan toerismebewusmaking en -opvoeding vir en tot toerisme op voorskoolse. laer- en hoerskoolvlak. Ten slotte word verdere navorsingstemas voorgehou.en_US
dc.format.extentApplication/PDF
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11462/900
dc.language.isoen_USen_US
dc.publisherBloemfontein: Central University of Technology, Free State
dc.rights.holderCentral University of Technology, Free State
dc.subjectTourism - Study and teaching (Higher)en_US
dc.subjectTourism - Management - Study and teaching (Higher)en_US
dc.titleKurrikulering vir die opleiding van toerismebestuurdersen_US
dc.typeThesisen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Jordaan, Marthinus Johannes Steyn.pdf
Size:
29.35 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Thesis

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: